Michael Fassbender

Michael Fassbender
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Fassbender in 2013 op die San Diego Comic-Con International.

Geboorte 2 April 1977 (1977-04-02)
Heidelberg, Duitsland
Nasionaliteit Iers-Duits
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 2001 – hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Michael Fassbender (geb. 2 April 1977 in Heidelberg, Duitsland) is ’n Iers-Duitse akteur. Van sy beste rolle sluit in lt. Archie Hicox in Inglourious Basterds (2009), Magneto in die superheldfliek X-Men: First Class (2011), David in die wetenskapsfiksieprent Prometheus (2012) en die slawe-eienaar Edwin Epps in 12 Years a Slave (2013). Laasgenoemde is ’n historiese drama waarvoor hy in 2014 ’n Oscar-benoeming ontvang het vir beste manlike byspeler. Fassbender het in 2014 sy rol as Magneto hervat in X-Men: Days of Future Past en sal in 2015 werk aan Assassin's Creed.

Fassbender het ook gespeel in 300 (2007), Fish Tank (2009), Jane Eyre (2011), A Dangerous Method (2011), Hunger (2008) Shame (2011). Vir sy rol in Shame het hy in 2011 die Volpi-beker gewen as beste akteur op die Venesiese Rolprentfees en is hy benoem vir ’n Golden Globe en ’n Bafta.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy